| Sneeuberg Brouery |
|
Die Sneeuberg Brouery en Deli is in wese ‘n een man saak, wat jy hier eet en drink word hier gemaak, selfs die koffie word hier gerooster. Die bier is die ware jakob, mout, gars en fontein water, geen preserver middles. Probeer sommer al drie biere: Die skerper meer bitter Karoo Ale die effe soet Honey Ale en ten laaste die donker Roasted Ale. |












