| Handwerke |
Veltersʼn Groep van ses voorslag vroue met Charlotte Malgas aan die voortou het ‘n reeks dekor produkte begin vervaardig en bemark. Wol vag en velt word gekleur en met krale versier om vrolikke kleurvolle dekor produkte te maak wat enige vertrek sal ophelder. Die groep “Vag en Velt” werkers se werk is al so vêr as die Ubuntu dorpie by die wêreldberaad uitgetsal. Die groep vroue is altyd op die uitkyk vir nuwe idees en vars ontwerpe om hulle gewilde produkte te verbeter en so die noodsaaklikke projek aan die gang te hou. Die “Velters” se produkte is te koop by hulle werkswinkel langs die kerk en by die Outsiders winkel in die dorp. Freddy se draad beeldeʼn Besoek aan die Uilhuis is nie gedaan voor jy nie ‘n draai by Freddy Jacobs se tafel vol ingewikkelde en pragtige draad beelde gemaak het nie. Freddy is ‘n man wat homself die fyner kunsies van draadwerk geleer het en sy kuns is so klein as ‘n sleutelhouer tot reuse draad miskiete. Vat sy sakpas werk saam huistoe as ‘n geskenk vir iemand of sommer net vir onthou van jou tyd in Nieu Bethesda. Freddy glo in die gees van Ubuntu en deel graag sy kennis met kinders in die gemeenskap. PantoffelsSnoesige skaapwol pantoffels, koel in die somer en warm in die winter. Met jare se ondervinding is Margeret Swiers en Sofie Steenberg se pantoffels iets wat jou sommer jare sal hou: wasbaar en taai. Margaret se pantoffels en stewelsMargaret Swiers maak sedert 1986 pantoffels en stewels. Sy het eers op ‘n plaas gewerk en later besluit om haar eie besigheid te open. Aan die begin het sy swaar getrek maar pluk vandag die vrugte van vasbyt as dit sukkel. Margaret bewerk en brei haar eie skaapvelle en maak die produkte soos haar klante dit verkies. Oor haar sukses tot dusvêr sê sy beskeie: “ Dit gee my ‘n gevoel van genoegdoening om my eie geld te verdien, op mý manier.” Sofie se handgemaakte pantoffels en baadjiesVir amper twintig jaar al maak Sofie Steenberg haar alombekende skaapvel-pantoffels en baadjies. “Dit is goed om jou hande besig te hou” sê sy. Met haar man Alfred as haar regtehand bewerk en brei sy haar eie skaapvelle vir haar reeks produkte. Sy hekel en bry ook truie en wol-pantoffels van handgeweefde wol en hoop die plaaslikke skool aanvaar haar aanbod om die leerlinge touwys te maak en haar kennis te deel. Hou jou voete warm en veilig in Martha en Sofie se handewerk en sou jy hulle wil besoek kry jy hulle gewoonlik by die huis, hard aan die werk. |












