02.jpg
Die Kerk

Nieu Bethesda ChurchGebou in 1905 staan die Nederduits-Gereformeerde kerk met sy gotiese toring teen blou Karoo lug, onmiskenbaar deel van Nieu-Bethesda. ’n Tekort aan lidmate het tot gevolg gehad dat die laaste permanente prediker in 1961 hier weg is en sedertdien behartig ’n dominee uit Graaf-Reinet die erediens.

Die houtsneewerk op die kerkbanke en die oorspronklike kandelare is uniek en alhoewel die antieke gas beligting nie meer in daaglikse gebruik is nie word dit steeds in Desember vir ’n spesiale Kersdiens gebruik.

Die kerk is onlangs gerestoureer en word gebruik vir troues, konferensies, werkswinkels en uitstallings. Reëlings kan gemaak word sou u dit wou besigt

 

Moenie vergeet nie

In Nieu-Bethesda is daar nie ’n bank, vulstasie of kredietkaart fasiliteite nie, maak maar jou beursie en tenk vol voor jy die dorp invaar.

Algemeen verkeerde spellings van Nieu- Bethesda

Die eerste spelfout het reed ingeslyp in 1878, toe die dorp gestig is en die naam nu Bethesda verkeerdelik as Nieu-Bethesda geskryf is. "New Bethesda" is een van die gewildste spelfoute maar daar is al veel meer kreatiwe foute begaan bv: Nu, Nieuw, Niew, as voorsetsel en Bethesda as Betesda, Bathesda, Batesda, Bethesta, Betesta, Bathesta en Batesta.

Soek akkommodasie?

Kontak ons:

Martin Straat, Nieu Bethesda
Bel ons op 049 841 1642
accommodation@nieu-bethesda.com

Afrikaans (South Africa)English (United Kingdom)

Facebook Nieu Bethesda

Weer in Nieu Bethesda

Sunrise : 24.05.2013 07:08   Sunset : 24.05.2013 17:2807:08
17:28
Full Moon
Friday 24.05.2013
20°C Partly cloudy from northwest
3.3 m/s
0 mm
Partly cloudy, 3.3 m/s, Northwest, Light breeze. 0 mm. 1019.0 hPa
Friday24.05.2013
17:00
23:00
Partly cloudy20°C
0mm
from northwest
3.3m/s
23:00
05:00
Partly cloudy14°C
0mm

3.2m/s
Saturday25.05.2013
Weather from yr.no

Zungeza