|
There are no translations available.
Helen Martins' Owl House, often cited as South Africa's finest example of outsider art, is an extraordinary, other-worldly home of concrete and ground glass sculptures. Her creativity conjures up an array of emotions: from wonder to excitement, curiosity and sadness.
|
|
Lees meer...
|
|
Gebou in 1905 staan die Nederduits-Gereformeerde kerk met sy gotiese toring teen blou Karoo lug, onmiskenbaar deel van Nieu-Bethesda. ’n Tekort aan lidmate het tot gevolg gehad dat die laaste permanente prediker in 1961 hier weg is en sedertdien behartig ’n dominee uit Graaf-Reinet die erediens.
Die houtsneewerk op die kerkbanke en die oorspronklike kandelare is uniek en alhoewel die antieke gas beligting nie meer in daaglikse gebruik is nie word dit steeds in Desember vir ’n spesiale Kersdiens gebruik.
Die kerk is onlangs gerestoureer en word gebruik vir troues, konferensies, werkswinkels en uitstallings. Reëlings kan gemaak word sou u dit wou besigt |
|
Nieu Bethesda het steeds ’n stelsel werkende leivore wat deur die fontein op die plato bo die dorp gevoed word. Inwoners maak daagliks gebruik hiervan vir hulle blom en groentetuine. Vir ’n rustige wandeling kan besoekers aan die dorp die leivore volg tot by die fontein op die plato.
|
|
Oorkant die Uilhuis is ’n bruggie wat jou na die wesoewer van die rivier neem, volg die pad en jy kom by die oorspronklike watermeul van die dorp uit. Die watermeul is in 1860 deur Mnr. BJ Pienaar op die plaas Uitkyk gebou. Die oorspronklike hout wiel is later vervang deur die Staal wiel wat vandag steeds te sien is.
|
|
Grafte dateer uit die laat 1700’s en die Anglo Boere oorlog. Van die oudste grafstene is uit plaaslike rots gekap met die oudste gedateer 1786.
|
|
Daar is verskeie organisasies wat perderitte aanbied in en Om Nieu-Bethesda. Niks lekkerder as om soos ’n wafferse ruiter die omgewing te leer ken.
|
|
Die area in en om Nieu-Bethesda is geskik vir die rustige ontspanne fietsryer maar daar is oorgenoeg aksie en adrenalien vir die meer gevorderde bergfietsryer ook. Huur ’n fiets by Outsiders B&B en geniet die dorp en omgewing teen ’n slakke pas. As dit sweet en adrenalien is wat jou hart vinniger laat klop staan vroeg op en durf een van die roetes by Kompasberg of Ganora aan.
|
|
Lees meer...
|
|
Die inwoners van die Nieu Bethesda dorpskip, Pienaarsig, maak handwerke om ‘n inkomste te verdien. Handwerkers sluit felter, draad werkers en skaapvel pantoffel makers.
|
|
Lees meer...
|
|
In die voetspore van Helen Martins het verskeie kunstenaars hulle insperasie en “muse’ in Nieu Btehesda gevind , hulle self hier gevestig en Gallerye en Atteljees geopen.
|
|
Lees meer...
|
|
Sou jy moeg raak van deur die strate wandel kan jy altyd by een van die dorp se koffie winkels stop vir koffie en ‘n bietjie praat. By Outsiders Restaurant kan jy rustig die hoofstraat-verkeer van koeie, donkies, honde, katte en ganse gade slaan. Die Village Inn is in dieselfde straat as die Uil huis en jy kan jouself tuis maak in die eetkamer of die Karoo son en koffie in die tuin geniet.
|
|
Die Kitching Fossiel Eksplorasie Sentrum beeld die Permiese tydperk in en om Nieu-Bethesda van 253 Miljoen jaar uit. Die Sentrum het fossiele van die area asook uit die res van Suid Afrika in sy versameling. Van die fossiele kom uit ‘n tydperk toe die kontinente nog een groot massa bekend as Pangea was. Dit is so vêr terug as 50 Miljoen jaar voor Dinosourusse.
‘n Besoek aan die sentrum neem jou na ‘n tydgleuf met onbekende plante en diere. Daar is lewensgroot modelle van prehistoriese diere en sketse van ‘n tyd toe daar geen gras, blomme of soogdiere was nie, ’n Tyd toe Therapsid, die soogdier se voorouer, die dominante spesie was. |
|
Bekyk Nieu Bethesda uit n ander hoek, en luister na Jakob van Staden lewenslange inwoner van die dorp terwyl hy jou met sy donkie kar deur die dorp en al sy staaltjies neem. Stories van toe hy nog ‘n student was en hoe hy die besigheid begin het.
|
|
There are no translations available.
The area around Nieu Bethesda boasts around 280 bird species including water birds, mountain birds and several species of raptor and other birds of prey. Be on the lookout for the Blue Crane, South Africa's national bird.
|
|
Lees meer...
|
|
Die Sneeuberg Brouery en Deli is in wese ‘n een man saak, wat jy hier eet en drink word hier gemaak, selfs die koffie word hier gerooster.
Die bier is die ware jakob, mout, gars en fontein water, geen preserver middles. Probeer sommer al drie biere: Die skerper meer bitter Karoo Ale die effe soet Honey Ale en ten laaste die donker Roasted Ale. |
|
In Nieu Bethesda bly die melkweg die baas, met geen straat en ander skerp ligte is sterre kyk ‘n belewenis. |
|
|
|
|
|