| Die Khoi & San mense |
|
Die Khoisan is die Aborigines van Suider-Afrika en leef al hier vir Millennia. Die KhoiDie Khoikhoi of Khoekhoe is ’n histories sytak van die Khoisan etniese groep komend uit Suidwes-Afrika en is familie van die Boesman of San soos die Khoi hulle noem. Hulle leef al sedert die vyfde eeu NC in Suider-Afrika en het reeds met die aankoms van die eerste Europeërs op groot skaal met vee geboer. Groot troppe Ungini was reeds hier te vinde. Argeologie bewys dat die Khoi uit Botswana hierheen gekom het op twee duidelik merkbare roetes waarvan die eerste Wes geloop het teen die Kalahari en dan die Weskus af na die Kaap. Die ander roete was suidoos deur die hoëveld en dan suid na die suidkus. Meeste van die Khoi het egter uitgesterf behalwe vir die grootste groep die Namas. BenamingDei naam Khoekhoe direk vertaal beteken Mens mens. Hulle is deur die Kolonialiste Hottentots genoem ’n naam wat deesdae algemeen as neerhalend beskou word. Die naam Hottentot kom van die manier waarop die Europeërs hulle manier van praat beskryf het. (Hitten titten stotteren) Om te hakkel. Die naam Hottentot leef egter voor in die vernoemings van sekere plante en diere soos die Hottentots vy (Carpobrodus edulis or Ice Plant.) of die Hottentotsgot die “Praying mantis. GeskiedenisDie Khoikhoi het as Veeboere getrek en ongeveer 2000 jaar gelede in die Kaap aangekom. Subgroepe sluit die Korana van middel Suide Afrika en die Namaqua aan die weste kant in. Bok skaap en bees het ’n . gesonde dieet te wee gebring wat weer gelei het tot ’n konsentrasie van groter groepe Khoi as die oorspronklike Kleiner San groep. Ongeveer in die 3de eeu NC word die Khoi uit die vrugbare dele gedryf deur die Bantu stamme wat besig was om suid te trek en vestig die Khoi hulle in meer droë gebiede van die land. Nomadiese Khoi groepe in die Area vandag bekend as die Kapp ondertrou met San groepe. Die twee groepe jagters bly. Die Khoi kom die eerste keer met Europese handelaars en ontdekker in 1500 NC. Die ontmoetings was baie keer gewelddadig alhoewel die Britte ’n meer vrede hartige manier van onderhandel wou bewerkstellig. ’n Groot groep van die bevolking word deur pokke uitgewis en skermutselinge word hervat toe die Oos Indiese Kompanjie die Khoi se wy gebiede begin afsper vir plase. oor die volgende eeu word die Khoi stelselmatig van hulle land verdryf en lei tot die uitsterf van die tradisionele Khoi leefwyse. Met die afbreek van hulle sosiale struktuur begin die Khoi op plase as arbeiders werk en ander weer begin deel vorm van ander groepe soos die Xhosa. Daar is ook geveg teen Herero veeboere vir tradisionele wy gebied. KultuurIn hul godsdienstige mitologie speel die maan ’n groot rol dalk omdat hulle die maan sien as ’n verpersoonliking van ’n goddelike hemelse wese. Tsui-goab is die skepper en bewaker terwyl Gunab oor die algemeen ’n kwaadwillige wese is wat siekte en dood bring. Verskeie Khoi in Namibia het hulself tot Islam gekeer as geloof en maak die grootste deel van die Namibiese Moslem gemeenskap uit. Oorspronklik was die Khoisan ’n jagter – versamelaar groep wat in tydelike gras skuilings gewoon het. Elke familie het sy eie hut gehad. Ouer kinders het wel ook in hulle eie hut met ander lede van die groep gebly. Die Khoisan beoefen Poligamie. Vrouens woon of saam of in aparte hutte. Kuiergaste word buite die hut om die vuur onthaal. Bron: Wikipedia SanDie Boesman, San, Sho, Basarwa, Kung, of Khwe is almal inheemse volke van Suider-Afrika en is versprei oor meeste gebiede van Suid Afrika, Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek, Swaziland, Botswana, Namibia en Angola. Sedert die 195o tot 1990 het hulle oorgeslaan na boerdery hoofsaaklik a.g.v. regerings gedrewe modernifiserings programme en tegnologiese vooruitgang en die probleme wat dit bring. Die San het ’n groot bydrae to die Antropologiese en Genetiese Wetenskap gelewer. Genetiese bewyse wys daarop dat die San se voorouers die genetiese verandering van die moderne mens voorafgegaan het. Hulle word as die “genetiese Adam” beskou deur Spencer Wells ’n lyn waarvan alle mense hulle genetiese oorsprong kan trek. BenamingDie term San is histories deur die Khoikhoi gebruik en beteken buitestander in Nama wat neerhalend is in die lig van die feit dat die Khoi hulle self hierdeur skei van die groep en die Khoi hulle self sien as die eerste mense. Westerse Antropoloë het san aangeneem sedert 1970 en is vandag steeds die aanvaarde wetenskaplike naam. Boesman word steeds wyd gebruik met ’n debat wat steeds voortrol of dit neerhalend is of nie. Vroegste geskiedenisBoesmans het ’n vroeë ontwikkelde kultuur gehad volgens argeologiese ontdekkings en inligting. Boesmans het reeds so vroeg as 10 000 tot 20 000 jaar terug uit Botswana gemigreer. Verskeie rotstekeninge in die Lapala area en Goud rivier lewer inligting oor hulle lewe en die tydperk. Dit sluit in tekeninge oor renosters, olifante en verskeie boksoorte insluitend impala kudu en eland, almal steeds hiet te vind. Ongeveer 1000 Ad. word die San egter deur Bantus verdryf en vestig hulle hul in meer droë dele soos die Kalahari. Bron: Wikipedia Prehistories voorboere in die Bo-Zeekoei ValleiC.Garth Sampson Geïnspireer deur die Boesmans wat die wêreld se oudste DNA dra begin Prof. Garth Sampson die Zeekoei Vallei Argeologiese projek in 1970. Die ZVP is ’n langtermyn grootskaalse projek met die grootste Argeologies ondersoekte area in Afrika. Dit is die grootse en bekendste Argeologiese projek in die Karoo en ondersoek honderdduisende jare van Hominiede geskiedenis. Tot dusvêr is die eerste mens nog nie gevind nie maar dit vat ons terug na die Karoo lank voor Europeërs hier aangeland het. Klik hier om die volledige artikel af te laai (pdf 670kb). |












