| Die Anglo-Boer Oorlog |
Eerste Anglo Boere Oorlog’n Broeiende wrok teen die Britte het oorgekook in ’n volbloed rebellie in die Transvaal wat onder Britse beheer was sedert 1877 en die eerste Anglo boere oorlog ook genoem die Eerste Vryheids oorlog breek uit in 1880. Die oorlog is sommer gou verby toe die Boere die Britte in die slag by Majuba kop verslaan op 27 Februarie 1881. Die Republiek herower sy onafhanklikheid as die Zuid Afrikaansche Republiek of kortweg die ZAR. Paul Kruger een van die leiers van die rebellie word die eerste President in 1883. Die Britte sien die terugslag egter net as ’n struikelblok in hulle pogings om die Suid-Afrikaanse kolonies en republieke in ’n Federale stelsel saam te smelt. Hulle het dit as die enigste opsie gesien om beheer oor die Afrikaners te kry en ook om hulle strategiese posisie in Suider-Afrika te versterk. Periode tussen die oorloëIn 1879 is Zululand onder Britse beheer geplaas. In 1886 ontdek ’n Australiër goud aan die Witwatersrand en raak die Britse federale droom al hoe groter. Dit word gesien as ’n terugslag vir die Boere en Johannesburg se populasie ontplof tot ’n 100 000 teen die middel 1890’s. Die ZAR sit ewe skielik met groot groepe uitlanders, wit en swart met die boere wat skielik agter in die tou moet staan vir werk en hierdeur verdere ekonomiese uitdrywing in die gesig staar. Die enorme rykdom uit die myne grotendeels deur Europese “Randlords” beheer was net ’n te groot wortel voor die Imperialisties neus. In 1895 onder leiding van Kaptein Leander Starr Jameson probeer ’n groep huurlinge ’n protes aksie van stapel stuur in die Witwatersrand . Hulle doel was om Britse Administrasie daardeur te bewerkstellig. Die inval raak bekend as die Jameson inval. Dit eindig egter in totale chaos maar blyk tog vir Pres Kruger asof die Britse regering self daar agter sit. Om sy slaankrag te versterk sluit Kruger ’n ooreenkoms met die Vrystaatse Republiek en vorm so ’n Alliansie. Tweede Anglo-Boere oorlogDie situasie kom tot ’n punt toe die Britse regering stemreg eis vir die 60 000 uitlanders in die Witwatersrand. Tot en met hierdie tyd het geen uitlander stemreg in die ZAR gehad nie. Kruger weier stemreg en eis die onttrekking van Britse troepe van die landsgrense af. Die Britte weier en Kruger verklaar oorlog. Die oorlog duur langer as die 1ste Vryheids oorlog en die Britte was beter voorberei as by Majuba kop. Teen 1900 gee Pretoria die laaste van die groot boere dorpe oor. Bittereinders veg egter voort vir 2 jaar met guerilla taktiek wat deur die Britte beantwoord is met die verkoolde aarde en konsentrasiekamp taktiek. Teen 1902 is, het meer as 26000 boere vrouens en kinders reeds gesterf in Konsentrasiekampe Op 31 Maart 1902 is ’n oppervlakkige vrede by Vereeniging onderteken. Volgens die terme sou die Boere Britse heerskappy aanvaar inruil vir die heropbou van areas onder Britse beheer. Bron: Wikipedia |













