| Geologie |
|
Rotsformasies in Nieu-Bethesda vorm deel van die Karoo supergroep. Hierdie formasies is tydens die Permian periode gevorm in ’n tydperk 285 tot 180 miljoen jaar gelede in die tydperk toe die kontinente nog een landmassa genaamd Pangea was. Tydens die tydperk was die Karoo ’n groot binnelandse kom. Dwyka tillitis (’n tipe rots) dien as bewys dat die area eens ’n gletser was. Later het die gletser kom ’n area met deltas binnelandse seë en mere asook moerasse geword met groot vulkaniese aktiwiteit. Die lae skalie en sandsteen van die Karoo supergroep is gevorm toe modder, sand en klei in die kom gespoel is. Hierdie strata lae is ’n seën vir Paleontoloë wat ’n ryk versameling fossiele van antieke reptiele, soogdier en amfibie hier vind en bestudeer. Die rots lae in en om Nieu-Bethesda is besaai met voorbeelde hiervan. Tydens die Permian periode was die hedendaagse Nieu-Bethesda vol groot rivier wat die hele area deur kronkel hê. Die vloed vlaktes was tuiste vir allerhande prehistoriese diere soos Therapsids wat die voorgangers vir soogdiere was. Met die uitsterf van die diere is hulle gefossileer in modder en klei wat later die skalie lae sou vorm en sodoende bewaar. Therapsids van Nieu BethesdaGorgonopsians was formidabele jagters, ook genoem: Verskriklike oë. Hulle het reuse slagtande soos die Saber tand katte. Rubidgea ’n tieragtige en die grootste van die Gorgonopsians het die area sy jag plek gemaak. Sy prooi was meestal herbivore soos die Dicynodonts wat ’n mond soos ’n skilpad gehad het en homself verdedig het met tande soos die van ’n vlakvark. Ulacephalodon en Dicynodon was twee groot Dicynodonts wat in die Nieu-Bethesda area geleef het ongeveer 253 Miljoen jaar gelede. Die Pareiasaurs was nog ’n groep planteters wat omtrent so groot soos ’n koei was. Hulle was moontlik familie van skilpaaie. Varings en Perdesterte wat algemeen tydens die tydperk voorgekom het, kan vandag steeds in klam areas gevind word. Die woude was oortrek met Glossopteris bome waarvan die gefossileerde blare vandag as steenkool gemyn word in SA Bron: Oos Kaap Toerisme |













