Nieu Bethesda toerisme inligting en akkommodasie
In Nieu-Bethesda loop die lewe maar soos hy 130 jaar terug geloop het met die dorp se stigting. Klip leivore deurkruis die dorp steeds, die sterrehemel span wyd en helder vir die oog sonder straatligte en die lug is vars en skoon, onbesoedel. Steed’s hou Kompas berg wag oor die dorp terwyl dorpenaars op hul stoepe die lewe sit en betrag.
Wyd op dies horison lê die Groot Karoo, uitgestrek, dit is hier waar hemel en aarde ontmoet. ’n Paradys vir natuur liefhebbers. Hierdie half-woestyn, hoog bo seevlak is huis vir die grootste versameling vetplante in die wêreld terwyl arende, hadida, bloukraanvoël, akkedisse, slange, skilpaaie, kudu, springbok, eekhorings en aardvark maar net ’n paar van die spesies is wat die lewens kringloop hier moet deel.
Alhoewel die dorp se ekonomie in die verlede deur Angorabok en skaapboerdery gedryf was is kuns en toerisme nou die lewens aar wat die dorp aan die gang hou. Daar is pottebakkers, beeldhouers, kunsgalerye, handwerk winkels en die mees bekende toeriste-aantreklikheid op die dorp: Die Uilhuis van Helen Martins.
Of jou siel nou soek na kuns, San-kuns, fossiele, rotsklim, stap, voëlkyk, perdry, wild kyk, sterrekyk of sommer net op die stoep sit en kyk, pitkos sal daar altyd wees in Nieu-Bethesda. |